SOS-Toer

iconrobot3

VOORLOPIGE PROGRAM vir ‘SOS-TOER’ in 2017

  • Die Skole-ondersteuningsentrum besoek 14 sentrale stede/dorpe om opleiding aan te bied vir grondslagfase onderwyseresse, laerskool en hoërskool Afrikaanse huistaal- en wiskunde-onderwysers.
  • Die program word aangepas by die area se behoeftes, asook die tydgleuf op die jaarprogram van die Afrikaanse huistaal- en wiskunde-sillabusse.
  • Die dae van opleiding is Ma/Di of Woe/Do.

Gedurende 2017 besoek ons SOS-span landwyd dorpe/stede tydens SOS-Toer.  Sodoende gaan ons op streekvlak geleentheid vir skole se personeel gee om die nuutste opleiding, produkte en materiaal te kan benut.

Wie is ons teikenmark? Hoër- en Laerskole waar daar Afrikaanse onderwysers en leerlinge is

Kostes vir die opleiding? GRATIS vir lede en R100 p/d vir nie-lede

Hoeveel tyd gaan dit in beslag neem?  Opleiding geskied van 14:30 – 17:00

Wanneer en waar gaan dit plaasvind? Sien lys van dorpe/stede en merk solank die naaste opleidingsgeleentheid aan u skool.

Wat behels die opleiding?   Vir onderwysers: Office rekenaaropleiding in Word, Excel, PowerPoint en W-Spel vir SACE-punte;  Afrikaans Huistaal opleiding en opleiding in gebruik van tegnologie in die klaskamer.

VOORLOPIGE DATUMS:

Middagseminare:

24-25 Januarie Pretoria
14-15 Februarie Paarl en Worcester
28-29 Februarie Krugersdorp
14-15 Maart Tzaneen
3-4 Mei George en PE
23-24 Mei Bloemfontein en Orania
6-7 Junie Kempton Park en Vanderbijlpark
28-30 Junie SOS-Kongres Pretoria
3-4 Julie SOS-Kongres Bellville
15-16 Augustus Klerksdorp en Potchefstroom
29-30 Augustus Ermelo en Standerton
11-31 Oktober Weeklikse SOS-middagseminare in die Gauteng-area

 

  • SOS-Kongres 2017

28 & 29 Junie – Leriba Hotel en Spa, Endstraat 245, Clubview, Centurion, 0157

3 & 4 Julie – Universiteit van Stellenbosch Besigheidskool, Carl Cronjé Rylaan, Bellville, 7530